Bem Vindo | Welkom!
Gratis resepte, wenke en nuus
Soek
My verantwoordelikheid teenoor jou
Alle inligting op Kostelik.com is saamgestel om jou te help om beter algehele gesondheid te handhaaf. Ek is nie ‘n mediese praktisyn, dokter of dieetkundige nie. Die inligting op hierdie blog is slegs vir die doel om jou kennis te verbreed. Hier skryf ek geen bepaalde dieetplan of leefwyse voor nie. Enige wenke, voorstelle of raad is slegs om jou te help om na optimale gesondheid te streef. Mediese toestande, siektes of kwale kan egter slegs deur ‘n gekwalifiseerde mediese praktisyn (soos jou dokter) aangespreek word. Ek studeer egter tans vir ‘n diploma in voedingkunde aan die Edison Institute of Nutrition en mag reeds algemene voorstelle vir ‘n beter dieet en leefstyl maak. Alle inligting op Kostelik.com is van toepassing op algemene onderwerpe soos detoksifikasie, spysvertering, assimilasie en eliminasie. Ek stel daarom voor dat jy enige spesifieke mediese kwale met jou dokter bespreek.