Ek is mal oor hoendermaalvleis! Dit is een van die mees veelsydige bestanddele aangesien dit maklik en vinnig is om voor te berei. Ek verkies hoendermaalvleis omdat dit makliker is om propval geur te stop en sappig te hou, eerder as om ’n hoenderborsie perfek te probeer gaar maak.
Oosterse hoenderfrikadelle met koriander- en koolslaai
Hierdie frikadelle is maklik om voor te berei en is perfek vir 'n heerlike ete op 'n weeksaand.
Bestanddele
- 500 g Hoendermaalvleis (verkieslik sonder vet)
- ¼ k Hawermoutsemels (Engels: Oat Bran. Ek gebruik glutenvrye
weergawe) - 1 Groot eier
- ½ Rooi-ui (fyngekap)
- 1 t Vars knoffel (fyngemaal)
- 1 t Vars gemmer (fyngemaal)
- 1 t Gedroogde koemyn
- 2 t Sojasous (ek gebruik Tamari, die glutenvrye weergawe)
- 1 t Vissous
- 1 e Lemmetjiesous
- ½ k Vars sprietuie (fyngekap)
- ½ k Vars koriander (fyngekap, opsioneel)
- Sesamsaad (vir bo-oor)
- Growwe sout
- Growwe swart peper
- Sriracha-sous (opsioneel)
Instruksies
- Voorverhit die oond tot 220 grade Celsius.
- Sout die maalvleis behoorlik en voeg lemmetjiesap by.
- Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die Sriracha-sous.
- Meng deeglik sodat al die bestanddele goed geïnkorporeer is.
- Rol frikadelletjies met nat hande (bietjie kleiner as ’n golfbal) en plaas dit op ’n oondplaat met bakpapier.
- Bak in oond vir 15 minute.
- Berei jou slaai voor. Sny witkool, radyse en wortels in fyn repies. Ek verkies om die wortel in dun repies te sny en gebruik ’n groenteskiller daarvoor. Voeg korianderpesto volgens smaak by.
- Sprinkel sesamsaad bo-oor die frikadelle en bedien met Sriracha-sous.
Notas
- Ek is mal oor koriander! Indien jy nie daarvan hou nie, sal enige ander pesto ook lekker saam met die koolslaai werk. Ek piekel ook gewoonlik my kool vir ten minste ’n halfuur (soms oornag) in water, asyn en speserye. Rooikool sal ook lekker saamwerk.
- Ek gebruik soms 1 eetlepel miso-pasta in plaas van sojasous en vissous. Miso is ’n tradisionele Japanese bestanddeel wat bestaan uit gefermenteerde sojabone. Dit gee die frikadelle ’n umami smaak. Umami verwys na die unieke sout smaak van bestandddele soos parmesankaas, seegras en sampioene. Dit bevat almal hoë konsentrasies van die aminosuur, glutamate.
- Ek koop my miso en sriracha by Woolworths of enige goeie spesialiteit-supermark.
As jy hierdie resep probeer, laat weet my! Tag jou foto met @kostelikblog op Facebook of Instagram.
Mmmmm, love the flavour combinations here, will definitely give this a try! I wonder if you could make a vegetarian substitute, maybe using butter or canaloni beans?
Hey Ali! That’s a great idea. I’ll be sure to give it a try and let you know.
Hoe pickle jy die kool?
Hello Maryke. Ek week die kool in ‘n mengsel van gelyke hoeveelheid water tot asyn en piekel-speserye (swartpeper, lourierblaar, koriandersaad, naeltjies, kaneel, gemmer en mosterdsade) … of eenvoudig net peper en lourierblaar! Baie mense gooi ook suiker by hulle piekelmengsel, maar ek gebruik soms bietjie kokosneut-suiker of stevia.