Go Back
DRUK

Eiervrug met chilli en kasjoeneute

Hierdie resep is heerlik warm of koud. Ons eet dit graag as bykos of sommer as 'n tappa (happie) tussen maaltye!
Maaltyd Bykosse
Kookstyl Mediterreens, Mosambieks
Sleutelwoorde Chilli, Eiervrug, Kasjoeneute, Mediterreens
Voorbereidingstyd30 mins
Kooktyd20 mins
Totale Tyd50 mins

Bestanddele

  • 1 Eiervrug (medium tot groot)
  • 50 g Kasjoeneute (lekker handvol)
  • 2 t Chilli vlokkies (gedroog)
  • 2 e Avokado-olie (of olie van jou keuse)
  • Growwe sout
  • Growwe peper

Instruksies

  • Voorverhit oond tot 180 grade Celsius.
  • Sny die eiervrug in dun skywe, sodat dit nie meer as ’n halwe sentimeter dik is nie.
  • Plaas dit op ’n bakplaat – gebruik bakpapier of smeer die pan vooraf met kokosneutolie.
  • Bedek liggies met sout (ek gebruik pienk sout) en laat die eiervrug vir minstens 20 minute sweet.
  • Terwyl jy vir die eiervrug wag, meng die neute en chilli-vlokkies en maal dit fyn in ’n koffie-meul. Jy kan ook ’n stamper en vysel (pestle and mortar) gebruik.
  • Gebruik kombuispapier om die eiervrug se vog op te droog.
  • Strooi die chilli-neut-mengsel bo oor die skywe.
  • Voeg sout en peper by volgens smaak.
  • Bedek die eiervrugskywe liggies met genoeg avokado-olie.
  • Bak in oond vir 20 minute.
  • Bedien warm of koud.

Notas

Ek maak sommer ’n vinnige jogurtsousie met dubbelroom gewone jogurt, olyfolie, suurlemoensap, sprietuie, sout en peper. Sit ’n halwe teelepel bo-op elke skyfie en geniet dit!